# Motorsport: Die MotoGP-wêreldkampioen, Jorge Martin, sal die naweek se eerste Grand Prix van die seisoen in Thailand misloop na ‘n nuwe besering tydens oefeninge in sy geboorteland. Die 27-jarige Spanjaard is vroeër die maand geopereer nadat hy sy regterhand en -voet gebreek het in ‘n botsing in Maleisië. Martin se nuwe span, Aprilia, sê hy het nou sy linkerhand gebreek en word vandag in Barcelona geopereer. Die hersteltyd sal na die operasie beoordeel word.
Motorsport: MotoGP-kampioen Martin word weer geopereer en sal eerste byeenkoms van seisoen misloop