Skip to content

Motorsport: Moontlike promotor gekies vir SA se eerste F1 Grand Prix sedert 1993

# Motorsport: Suid-Afrika se Formule Een-reëlingskomitee het die keuse van ‘n moontlike promotor afgehandel terwyl die land sy bod voorberei vir sy eerste Grand Prix sedert 1993. Die komitee sê die keuse is gemaak na ‘n gestruktureerde en regverdige veelfasige proses. Een van die vereistes vir suksesvolle registrasie was ‘n volledig-terugbetaalbare deposito van tien-miljoen-rand. Die Minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, sê die aangewese promotor kan nie bekend gemaak word nie, aangesien verskeie prosesse en verpligtinge nog nagekom moet word.