Skip to content

Motorsport: Marquez ondergaan suksesvolle skoueroperasie

# Motorsport: Marc Márquez het ‘n suksesvolle operasie aan sy regterskouer ondergaan na die wêreldkampioen se ongeluk by die MotoGP in Indonesië. Die Ducati-span sê Marquez sal sy herstelproses voortsit, en sy vordering sal sy terugkeer na die renbaan bepaal. Hy sou aanvanklik vandeesmaand se Australiese en Maleisiese wedrenne weens sy besering misloop. Die seisoen loop in November in Portugal en Valencia ten einde.