Skip to content

Motorsport: Lando Norris op voorste wegspringplek by Oostenrykse Grand Prix

# Motorsport: Lando Norris van McLaren spring voor weg in vandag se Oostenrykse Grand Prix, met Charles Leclerc in ‘n Ferrari langs hom. Norris was in die kwalifiserende ronde 0,521 sekondes vinniger. Sy spanmaat en kampioenskapsvoorloper, Oscar Piastri, was 0,062 sekondes stadiger as Leclerc. Lewis Hamilton in die tweede Ferrari spring vierde weg en was 0,090 sekondes stadiger as sy spanmaat. Max Verstappen in sy Red Bull kon slegs die sewende plek haal. George Russell vir Mercedes en Liam Lawson vir Racing Bulls spring onderskeidelik vyfde en sesde weg.