Skip to content

Motorsport: Kanadese Grand Prix bevestig tot minstens 2035

# Motorsport: Kanada gaan ‘n Formule Een Grand Prix aanbied tot minstens 2035. Dit volg nadat die sport ‘n verlenging onderteken het met Kanada en Quebec vir ‘n wedren in Montreal, wat sy eerste Grand Prix in 1978 gehou het. Die wedren was in gedrang nadat F1 se uitvoerende hoof, Stefano Dominicali, verlede jaar ‘n streng waarskuwing uitgereik het na klagtes oor organisering en logistiek. Sondag het alles seepglad verloop en die ooreenkoms, wat tot 2031 sou duur, is met nog vier jaar verleng.