Skip to content

Motorsport: Jorge Martin hoop om weer in Katar te jaag

# Motorsport: Die verdedigende MotoGP-wêreldkampioen, Jorge Martin, hoop om terug te wees in die vierde ronde van vanjaar se kampioenskap na twee ernstige ongelukke voor die begin van die seisoen. Die Spanjaard het reeds die eerste twee rondes misgeloop en aangekondig dat hy nie volgende naweek in Austin, Texas, sal deelneem nie. Die wedren daarna is op 12 en 13 April in Katar. Martin het byna al die voorseisoense toetse misgeloop nadat hy sy regterhand en -voet gebreek het op die eerste dag van ‘n oefening in Maleisië.