# Motorsport: Die heersende MotoGP-kampioen, Jorge Martin, wil Aprilia na ‘n enkele seisoen verlaat. Die Spanjaard het by die Italiaanse span aangesluit nadat hy verlede jaar die wêreldkampioenskap vir Prima Pramac Racing beklink het. Martin het vanjaar ‘n nagmerrie-begin gehad, met beserings in ‘n voorseisoense ongeluk wat hom die eerste drie wedrenne laat misloop het, gevolg deur ‘n botsing in sy eerste wedren in Katar. Hy glo dis sy keuse om sy kontrak te verkort, maar Aprilia verskil en het ander spanne gewaarsku om hom nie te nader nie.
Motorsport: Heersende MotoGP-kampioen wil Aprilia na net een seisoen verlaat