# Motorsport: Die beheerliggaam, die F-I-A, het Kyalami in Johannesburg se opgraderingsplanne goedgekeur, wat dit die enigste Graad 1-baan in Afrika sal maak en die weg baan dat Formule Een na Suid-Afrika terugkeer. Die opgradering wat na raming sowat 180-miljoen-rand sal kos, sal nie die baan se uitleg verander nie, maar veranderings insluit wat aan moderne veiligheids- en tegniese standaarde voldoen. Die FIA sê die werk moet binne drie jaar voltooi word. Kyalami het van 1967 tot ’93 21 Grand Prix-wedrenne aangebied.
Motorsport: FIA keur planne goed vir Kyalami as Graad 1-baan