Skip to content

Motorsport: F1 oorweeg om in 2028 straatbaan-Grand Prix in Bangkok aan te bied

# Motorsport: Thailand se regering beplan om ‘n haalbaarheidstudie aan te vra oor die moontlikheid om vanaf 2028 ‘n straatbaan-Grand Prix in die hoofstad, Bangkok, aan te bied. Dit volg op samesprekings tussen Formule Een se uitvoerende hoof, Stefano Dominicali, en Thailand se premier, Paetongtarn Shinawatra. Dominicali beskryf die plan as indrukwekkend, terwyl Shinawatra glo so ‘n wedren sal al die land se mense bevoordeel. Die huidige Formule Een-rooster van 24 wedrenne sluit vier in die Asië-Stille Oseaan-streek in.