# Motorsport: Carlos Sainz vra permanent wedstrydbeamptes in Formule Een na sy geslaagde appèlaansoek teen ‘n strafpunt na ‘n botsing in die Nederlandse Grand Prix. Die Williams-renjaer het onmiddelllik beswaar gemaak na sy botsing einde Augustus met Liam Lawson van Alpine. Williams het bykomende bewyse voorgelê, waarna die beamptes van Zandvoort sy straf gekanselleer het. Die huidige stelsel behels dat afsonderlike beamptes vir elke wedren aangestel word. Sainz sê twee van die drie beamptes behoort permanent aangestel te word vir elke wedren van die seisoen.
Motorsport: Carlos Sainz vra permanente wedrenbeamptes na geslaagde appèl