Skip to content

Motorsport: Cadillac bevestig Bottas bly in 2027 by die span

# Motorsport: Valtteri Bottas van Finland bly volgende jaar by Cadillac se Formule Een-span, wat bespiegeling beëindig dat die Amerikaner Colton Herta of die Fransman Esteban Ocon hom kan vervang. Die 37-jarige sal weer saam met die Mexikaan, Sergio Perez, jaag in die span se tweede seisoen. Uitvoerende hoof Dan Towriss sê Bottas se ervaring en verbintenis tot die span is baie belangrik. Cadillac is tans in die laaste plek in die vervaardigers-kampioenskap, en Bottas en Perez onderskeidelik 23ste en 24ste in die bestuurders-kampioenskap.