# Motorsport: Die wêreldkampioenskapsvoorloper, Kimi Antonelli, het die beste tyd vir Mercedes opgestel in Vrydag se tweede oefenronde vir die naweek se Belgiese Grand Prix. Die verdedigende kampioen, Lando Norris van McLaren was tweede, met Max Verstappen in sy Red Bull derde. Norris is met tien wegspingplekke vir Sondag se wedren gestraf nadat sy motor ‘n nuwe battery moes kry. Die sewemalige kampioen Lewis Hamilton was vierde vir Ferrari, voor Isack Hadjar in die tweede Red Bull, en Oscar Piastri in die tweede McLaren. Franco Colapinto was sewende vir Alpine, met Antonelli se spanmaat, George Russell agtste.
Motorsport: Antonelli vinnigste vir Mercedes in tweede oefenronde in België