Skip to content

Motorsport: Alpine vervang Jack Doohan onmiddelik met Franco Colapinto

# Motorsport: Die Formule Een-span Alpine het bevestig dat die reserwebestuurder Franco Colapinto vir Jack Doohan sal vervang vir die volgende vyf wedrenne, insluitende die komende Emilia Romagna Grand Prix op Imola in Italië. Doohan het gesukkel om sy spanmaat Pierre Gasly se tye te ewenaar en het ná ses rondes van sy eerste F1-seisoen nog nie ‘n enkele kampioenskapspunt behaal nie. Die 22-jarige Australiër sal by Alpine aanbly as ‘n reserwebestuurder. Dit volg op gister se aankondiging dat die spanhoof, Oliver Oakes, met onmiddellike ingang bedank het.