# Motorsport: McLaren het aangekondig dat die 19-jarige Alex Dunne vir Lando Norris vervang in die eerste oefening vir hierdie naweek se Oostenrykse Grand Prix. Dit is die eerste keer in 22 jaar dat ‘n Ierse renjaer aan ‘n F1-naweek deelneem. Dunne is sedert Mei verlede jaar ‘n lid van McLaren se ontwikkelingsprogram en is tans die voorloper in die Formule 2-kampioenskap in sy eerste jaar. Spanhoof Andrea Stella sê dis goed om hom waardevolle tyd agter die stuur van ’n F1-motor te gee as deel van sy ontwikkeling.
Motorsport: Alex Dunne is die eerste Ierse bestuurder in 22 jaar wat aan ‘n F1 Grand Prix-naweek deelneem