Skip to content

Motorsport: Acosta vinnigste in tweede oefensessie vir Sepang MotoGP, Binder slegs 17de

# Motorsport: Die Spanjaard Pedro Acosta het die wisselvallige Maleisiese weer bemeester en die vinnigste tyd aangeteken met die Fransman Johann Zarco tweede in ‘n chaotiese tweede oefensessie by die MotoGP in Sepang. Die uurlange middagsessie is met 35 minute vertraag weens ‘n oliekol vroeër in die dag. Die Spanjaard Alex Márquez wat hoop om tweede in die wêreldkampioenskap te eindig na sy broer Marc, was negende en Suid-Afrika se Brad Binder 17de.