# Die voorsitter van die ANC-verkiesingskomitee en gewese president, Kgalema Motlanthe, het volgens berigte die party se uitvoerende streekskomitee in Johannesburg opdrag gegee om ʼn spesiale vergadering te belê om burgemeesterskandidate te benoem. Hy het in ʼn uitgelekte brief gesê vorige prosesse om burgemeesterskandidate te benoem voor November se munisipale verkiesing, was gebrekkig en teenstrydig met die party se grondwet. Motlanthe sê die burgemeesterskandidaat, Loyiso Masuku, is deur die uitvoerende komitee benoem, maar die ander twee kandidate is aangewys deur ʼn vreemde proses wat nie deursigtig en regverdig was nie.
Motlanthe sê vorige prosesse om die ANC se burgemeesterskandidate vir Johannesburg te benoem was gebrekkig