# Die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers waar die Republikeine die meerderheid het, het ‘n Demokraties-geleide mosie verwerp om president Donald Trump te verhoed om militêr teen Iran op te tree sonder goedkeuring van die Kongres. Die uitslag was gelyk met 212 stemme elk, en het misluk want ‘n meerderheid word benodig om te slaag. Dit is die derde stemming vanjaar oor so ‘n mosie. Demokrate het Trump herhaaldelik versoek om die Kongres te nader vir magtiging om militêre mag in die konflik te gebruik, en beklemtoon volgens die Grondwet kan net die wetgewer oorlog verklaar, nie die president nie.
Mosie teen Trump se militêre veldtog in Iran misluk vir die derde keer in die Huis van Verteenwoordigers