# Die MK-party in KwaZulu-Natal het die moord op sy eThekwini-organiseerder, Simnikiwe Ntswelo, bevestig. Hy is na bewering Vrydagaand deur onbekende gewapende mans in ‘n lokval gelei toe hy sy huis in Mount Moria, Durban, binnegegaan het. Ntswelo was ‘n plaaslike leier in Wyk 53. Die party het die moord veroordeel en ‘n beroep op die polisie gedoen om die skuldiges in hegtenis te neem. Die provinsiale woordvoerder, Mkhuseli Mlengane, het ook sy medelye met die familie betuig.
MK-partyorganiseerder in Durban doodgeskiet