# Die MK-party vra dat die komende plaaslikeregeringsverkiesing uitgestel word hangende sy saak oor stemknoeiery by die OVK. Die party beweer wydverspreide knoeiery met stemme het in die algemene verkiesing in 2024 voorgekom. Hy glo hy moes na regte die verkiesing wen. Die party sê tegniese foute het veroorsaak dat sy uitslae vir twee ure van die kitsoorsig van landwye uitslae verdwyn het en dat dit opsetlik gedoen is om die party se stemme te steel. Die woordvoerder van die MK-party, Nhlamulo Ndhlela, sê die saak moet uitgeklaar word voordat die verkiesing kan plaasvind:
MK-party vra dat komende plaaslikeregeringsverkiesing uitgestel word [KLANK]
ENG NdhlelaOnElections