Skip to content

MK-party verwerp stamgebondenheid te midde van immigrasiekrisis

# Die MK-party sê onwettige immigrasie is ʼn ernstige nasionale kwessie wat Suid-Afrikaners van elke stam, taalgroep en provinsie raak. Hy sê dis misleidend en lafhartig om te beweer die probleem is net van toepassing op een gemeenskap of provinsie. Dit volg na betogings oor onwettige immigrasie in die land. Die MK-party sê dis niks nuuts om kommer uit te spreek oor druk wat onwettige immigrante op werksgeleenthede, behuising en basiese dienste plaas nie. Hy sê die strukturele uitdagings van onwettige immigrasie word nie deur stamgebondenheid verberg of opgelos nie.