# Die MK-party het die minister van Justisie, Mamoloko Kubayi, se reaksie op die lang uitstaande geregtelike doodsondersoek na die Cradock-Vier-moorde gekritiseer. Die party beskuldig die regering van ‘n gebrek aan dringendheid om sake van die Waarheids- en Versoeningskommissie af te handel. Veiligheidspolisielede het die anti-apartheidsaktiviste in Junie 1985 ontvoer en vermoor. Die datum vir die geregtelike doodsondersoek is vasgestel vir 2 Junie vanjaar, maar die MK-party beloof om deur middel van die Parlement se portefeuljekomitee op Justisie aanspreeklikheid te eis en veroordeel wat hy noem leë regeringsretoriek.
MK-party verwerp regering se reaksie op Cradock-Vier se geregtelike doodsondersoek