# Die MK-party het sy hofaansoek verloor om die Verkiesingskommissie te dwing om verkiesingsrekords wat die party reeds ontvang het, weer te voorsien. Die Verkiesingshof het die saak van die hand gewys aangesien die party die inligting ontvang het, maar dit nie afgelaai het nie al het die OVK die inteken-inligting voorsien. Regter Lebogang Modiba het beslis dat die party se bewering van geweierde toegang, ongegrond en onredelik is. Die MK-party van Jacob Zuma, het verlede jaar se verkiesingsuitslae betwis en beweer dat dit gemanipuleer is.