Skip to content

MK-party se vroueliga hou opmars na Departement van Justisie in Pretoria

# Die MK-party se vroueliga gaan vandag ‘n optog na die kantore van die Departement van Justisie in Pretoria lei. Die liga eis geregtigheid vir alle geslagsgeweldvoorvalle in die land. Die betogers gaan van negeuur by die Putco-depot in Marabastad bymekaar kom voor hulle na die departement se kantore opruk. Hulle sal na verwagting teen eenuur uitmekaar gaan. Die Tshwane-metropolisie is ontplooi om die opmars en alle strate wat geraak word, te monitor.