# Die MK-party sê hy is bekommerd omdat Suid-Afrika voortgaan om sy seldsame aardminerale onverwerk uit te voer terwyl buitelandse magte voordeel trek uit die verwerking en raffinering. Die land is ryk aan strategiese minerale soos neodimium, disprosium, serium en lantaan. Die MK-party sê hy gaan ʼn privaatlidwetsontwerp in die Parlement voorlê dat seldsame aardmetale as strategiese nasionale bates direk onder bewaring van die staat en die mense geplaas word. Hy sê ʼn bloudruk moet bekendgestel word vir hierdie metale se industrialisasie.
MK-party sê Suid-Afrika moet beheer neem oor sy seldsame aardminerale