Skip to content

MK-party sê poging om Zuma met optogte teen onwettige immigrasie te verbind is politieke opstokery

# Die MK-party veroordeel ʼn artikel in TimesLive wat volgens hom partyleier Jacob Zuma by die bespreking rondom die betogings in Julie 2021 betrek en by implikasie ook by volgende week se optogte teen onwettige immigrasie. Hy sê die artikel hou nie by feite nie, maar gebruik anonieme aansprake van bronne wat na bewering na aan Zuma is. Die party sê pogings om Zuma sonder behoorlike bewyse te betrek, is ʼn doelbewuste poging tot politieke opstokery. Hy sê Zuma het herhaaldelik gevra vir vrede en wettige politieke aktivisme.