Skip to content

MK-party sê afdanking van adjunkminister Whitfield is teken van wanfunksionering in RNE

# Die MK-party sê die afdanking van die adjunkminister van Handel en Nywerheid, Andrew Whitfield, beklemtoon gebreke in die regering van nasionale eenheid. Sy afdanking hou glo verband met growwe ongehoorsaamheid oor ʼn DA-geleide reis na Washington wat sonder president Ramaphosa se goedkeuring plaasgevind het. Die MK-party sê die RNE wat onder die dekmantel van eenheid gevorm is, is ʼn politieke eksperiment wat voorkeur gee aan toegewings aan die elite bo die werkersklas en armes se belange.