# Die MK-party sê hy is gereed om deel te neem aan sy eerste plaaslike regeringsverkiesing, ‘n belangrike mylpaal vir die organisasie, slegs twee jaar ná sy stigting. Die party meen die onwrikbare liefde, toewyding en respek wat lede en belanghebbendes teenoor die leier, Jacob Zuma, en die organisasie toon, het die vertroue versterk om ‘n oorwinning te behaal in die komende plaaslike regeringsverkiesing. Die party sê alle amptenare en lede van die strategiese presidensiële span sal tydens hierdie kiesers-registrasienaweek in hul onderskeie streke en provinsies ontplooi word.
MK-party is gereed om deel te neem aan eerste plaaslike regeringsverkiesing