Skip to content

MK Party gee formeel kennis van voorneme om mosie van wantroue teen Ramaphosa in te dien

# Die MK Pparty het in ‘n brief aan die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, formeel kennis gegee dat hy beplan om ‘n mosie van wantroue teen president Cyril Ramaphosa in te dien, na aanleiding van die Konstitusionele Hof se uitspraak oor die Phala Phala‑saak. Woordvoerder Nhlamulo Ndhlela sê die party vra dat die mosie deur ‘n geheime stemming gehou word. Hy sê dit is om die onafhanklikheid en die integriteit van lede te beskerm en te verseker hulle kan vrylik en doeltreffend stem.