# Die MK-party sê hy gaan strafregtelike klagtes indien teen die hoof van die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie, Andrea Johnson, na aanleiding van haar getuienis voor die Madlanga-kommissie. Sy het erken dat sy teenstrydige getuienis gelewer het toe sy verlede jaar voor die Parlement se ad hoc-komitee verskyn het, wat ondersoek instel na misdaadsindikate se infiltrasie van die strafregstelsel. David Skosana van die MK-party sê Johnson het meineed gepleeg en hy wil hê dit moet in die komitee se konsepverslag ingesluit word. Die party gaan ook ‘n saak van meineed aanhangig maak teen die voormalige Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging, advokaat Shamila Batohi.
MK-party gaan strafregtelike klagtes teen Andrea Johnson en Shamila Batohi indien