# Die MK-party het ‘n ultimatum aan president Cyril Ramaphosa gestel en geëis dat hy teen Vrydag, op Mandela-dag bedank. Die party het in ‘n skrywe gesê Ramaphosa se bedanking sal dien as ‘n teken van eerbied vir wyle voormalige president Nelson Mandela. Die party dreig met regstappe, ‘n mosie van wantroue en landwye protesaksie. Die MK-party se woordvoerder Nhlamulo Ndhlela beskuldig die regering van nasionale eenheid dat hy die wil van die kiesers ondermyn en die ANC met geheime ooreenkomste in beheer hou.
MK-party eis Ramaphosa se bedanking teen Mandela-dag