# Die MK-party het ʼn amptelike klag teen president Cyril Ramaphosa en die minister van Landbou, John Steenhuisen, ingedien. Die party voer aan hulle het die Wet op die Etiek van Lede van die Uitvoerende Gesag oortree tydens hulle besoek aan die Withuis vroeër vanjaar. Die klag spruit uit Steenhuisen se opmerkings dat die DA by die regering van nasionale eenheid aangesluit het om die MK-party en die EFF daaruit te hou. Die MK-party sê Ramaphosa moet verskoning vra omdat hy nie ingegryp het ná Steenhuisen se opmerkings nie.
MK-party dien amptelike klag in teen Ramaphosa en minister Steenhuisen