# Die MK-party sê die agteruitgang van die Nasionale Loterykommissie verteenwoordig baie meer as net die wanbestuur van ‘n openbare instelling; dit is verraad teen openbare vertroue. Die party sê hy het skriftelik sy ontevredenheid aan die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, oorgedra oor die Nasionale Loterykommissie wat op die punt staan om in duie te stort, maar hy het versuim om te reageer. Hy sê wat veral kommerwekkend is, is die 4,3-miljard-rand wat ledig in die Kommissie se reserwefonds lê, maar aan Suid-Afrikaners behoort, veral die armes en werkloses.
MK-party bekommerd oor Nasionale Loterykommissie naby aan ineenstorting is