# ‘n Kliniese navorser van Wits-universiteit, Francois Venter, waarsku oor ‘n styging in MIV/Vigs infeksies ná Amerika se onttrekking van die befondsing van die President se Noodplan vir Vigs. ’n Uitvoerende bevel van president Donald Trump het buitelandse hulp negatief geraak en MIV-gesondheidsorg in Suid-Afrika lam gelê. Venter benadruk daar is ’n 20-persent afname in die MIV-toetsing van babas, en waarsku oor toenemende infeksies en voorkombare sterftes as daar nie dringende opgetree word nie. Hy doen ‘n beroep op die Departement van Gesondheid om die MIV-program onmiddellik weer in te stel en te stabiliseer.
MIV/Vigs infeksies styg soos Amerika se befondsingbesnoeiing klinieke tref