# Die misdaadkenner Chris Kanyane is bekommerd oor spesialis-polisie-eenhede se deursoekings sonder lasbriewe. Dit volg na die naweek se klopjag op die gewese huis van die parlementslid en stigter van die National Coloured Congress, Fadiel Adams, in Mitchells Plain, Kaapstad. Die taakspan teen politieke moorde word ondersoek na bewerings dat hulle die huis sonder ‘n lasbrief deursoek en klapmusse gedra het. Volgens Kanyane het Adams beweer die beamptes het hulleself nie geïdentifiseer nie. Hy sê sulke gedrag kan openbare vertroue ondermyn, hoewel dringende omstandighede soms sulke polisie-optrede kan regverdig.
Misdaadkenner bekommerd oor SAPD se deursoeking van Fadiel Adams se vorige huis