Skip to content

Minstens nege dood en meer as 60 beseer in Russiese aanvalle op Kiëf

# Minstens nege mense is vroeg vanoggend dood en meer as 60 beseer in Russiese missiel- en hommeltuigaanvalle op die Oekraïnse hoofstad, Kiëf. Die gewondes sluit ses kinders in. Oekraïne se tweede grootste stad, Kharkiv, is oornag getref deur sewe missiele en 12 hommeltuie. Dit volg nadat die Amerikaanse president, Donald Trump, sy Oekraïnse ampsgenoot, Volodimir Zelensky, beskuldig het dat hy vredesonderhandelings in die wiele ry. Die Russiese Weermag het nog nie kommentaar gelewer nie, maar sê hy het 87 Oekraïnse hommeltuie onderskep, en nog 45 oor die Krimgebied.