# Minstens 59 mense is dood en meer as 100 beseer nadat ‘n brand gisteroggend by ‘n nagklub in Kocani, Noord-Masedonië, uitgebreek het. Volgens berigte is die brand gestig deur vonke van vuurwerktoestelle wat die plafon getref het, wat van hoogs vlambare materiaal gemaak is. Daar was een-duisend-500 mense in die klub wat ‘n konsert van DNK bygewoon het, ‘n gewilde hip-hop-duo in die land. Die polisie het die eienaar van die nagklub in hegtenis geneem, terwyl lasbriewe vir vier ander mense uitgereik is.
Minstens 59 is dood in ‘n nagklubbrand in Noord-Masedonië