# Reddingswerkers sê die Israeliese weermag het vandag minstens 27 mense naby ‘n VSA-gesteunde hulpsentrum in Gaza doodgeskiet. Die weermag voer egter aan hulle het geskiet op verdagtes wat in hul troepe se rigting beweeg het. ‘n Soortgelyke skietery Sondag in dieselfde gebied het tientalle Palestyne wat hulp gesoek het, dood en gewond gelaat. Die VN se hoof van menseregte het die aanvalle veroordeel, en sê dis ‘n skending van internasionale reg en ‘n oorlogsmisdaad. Die Israeliese weermag het aangekondig dat drie soldate in die noorde van Gaza dood is.
Minstens 27 sterf na Israeliese soldate op sogenaamde verdagtes skiet