Skip to content

Minstens 24 sterf en 30 word vermis na brand in Indonesiese fabriek

# Die dodetal in ‘n brand in ‘n lekkergoedfabriek wes van Djakarta in Indonesië het tot 24 gestyg, en ongeveer 30 mense word nog vermis. Daar was volgens berigte sowat 60 mense in die fabriek in Cikande toe die brand Saterdag uitgebreek het. Die owerhede sê voorlopige aanduidings is dat dit weens ʼn kortsluiting in ʼn lugversorger ontstaan het. Die hoof van die maatskappy, Steven Wijaya, sê die aanleg het voldoende ontruimingsroetes en brandbeskerming-stelsels gehad wat aan toepaslike veiligheidstandaarde voldoen het.