Skip to content

Minstens 15 mense sterf in Russiese missiel- en hommeltuigaanvalle in Oekraïne

# Minstens 15 mense is verlede nag dood en meer as 90 gewond in ‘n reeks Russiese hommeltuig- en missielaanvalle in Oekraïne. ‘n Vyfjarige en ‘n 12-jarige seun is onder die slagoffers. Die aanvalle volg ná ‘n kort skietstilstand tydens Ortodokse Paasfeesvierings oor die naweek. Kiëf se Lugmag sê hulle het 31 Russiese missiele en 636 hommeltuie afgeweer. Die minister van Buitelandse Sake, Andrii Sybiha, sê sulke aanvalle kan nie as normaal beskou word nie, want dit is oorlogsmisdade wat gestaak moet word en skuldiges moet aanspreeklik gehou word.