# Die ministers vir Justisie, Misdaadvoorkoming en Sekuriteit het vir vandag ʼn dringende vergadering in Pretoria belê om die toenemende betogings teen immigrasie en onwettige buitelanders in die land te bespreek. Daar is ʼn beroep op die regering gedoen om immigrasiewette toe te pas en teen ongedokumenteerde buitelanders op te tree. Die ministers sal ʼn raamwerk finaliseer vir die nasionale aksieplan om rassisme, rassediskriminasie, vreemdelingehaat en verwante onverdraagsaamheid te bekamp. Hulle sal ook met politieke partye en verskeie groepe beraadslaag wat betrokke was by massabetogings en gemeenskapsoptogte teen onwettige buitelanders.
Ministers van Justisie, Misdaadvoorkoming en Sekuriteit vergader dringend om toenemende betogings oor onwettige immigrasie te bespreek