Skip to content

Ministerie van Polisie verskerp veiligheidsmaatreëls op vooraand van plaaslikeregeringsverkiesing [KLANK]

# Die Ministerie van Polisie sê hy het gesprekke met sleutelbelanghebbendes verskerp om polisiegereedheid te evalueer en te versterk in die aanloop tot die plaaslikeregeringsverkiesing volgende week. Altesaam 29,2-miljoen Suid-Afrikaners is geregistreer om te stem, en daar word verwag dat 2,6-miljoen van hulle hul volgende Maandag en Dinsdag spesiale stemme sal uitbring. ‘n Woordvoerder vir die Ministerie van Polisie, Kamogelo Mogotsi sê die gesprekke het gehandel oor gereedheid en die maatreëls wat ingestel word om doeltreffende samewerking tussen wetstoepassingsagentskappe te verseker:

ENG MogotsiONElections