# Die Ministerie van Elektrisiteit en Energie sê die Aankoopprogram vir Onafhanklike Kragprodusente van Battery-energieberging was deursigtig en mededingend. Dit volg op die versoek van die MK-party vir ‘n ondersoek nadat die multi-miljard-rand energietender aan Mulilo Energy toegestaan is. Die voorsitter van die maatskappy is Eskom se gewese operasionele hoof, Jan Oberholzer. Van die vyf beskikbare projekte is vier aan Mulilo Energy toegestaan. Die ministerie sê die proses was onderworpe aan nougesette regs-, tegniese- en finansiële sorgvuldigheid.
Ministerie van Energie sê Batterykragberging-program was deursigtig