Skip to content

Minister van Hoër Onderwys en Opleiding onttrek aanstelling van SETA-raadsvoorsitters

# Die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Nobuhle Nkabane, het die onlangse aanstellings van die Sektorale Onderwys- en Opleidingsowerhede se raadsvoorsitters onttrek. Dit volg na openbare teenkanting oor die insluiting van individue met ANC-bande. Dit sluit in minister Gwede Mantashe se seun, Buyambo, en die gewese KwaZulu-Natalse premier, Nomusa Dube-Ncube. Minister Nkabane sê die besluit is in belang van goeie regering en deursigtigheid om aanspreeklikheid in die aanstellingsproses te verseker. Sy sê ʼn nuwe onafhanklike paneel sal aangestel word om benoemings te verwerk en kandidate aan te beveel.