# Die minister van Finansies in Israel, Bezalel Smotrich, sê ‘n oorwinning vir sy land in die oorlog teen die militante groep, Hamas sal die “algehele vernietiging” van die Gazastrook beteken. Smotrich, wat in ‘n nedersetting op die Wesoewer woon, het ook sy hoop uitgespreek dat die gebied formeel oorgeneem sal word tydens die huidige regeringstermyn, wat tot laat volgende jaar kan duur. Hy noem die oorname van die Wesoewer, wat Israel sedert 1967 beset het, “een van die belangrikste uitdagings” vir die Israeliese leierskap.
Minister van Finansies in Israel sê oorwinning sal die vernietiging van die Gazastrook beteken