# Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, gaan ‘n strafregtelike klagte indien teen diegene wat gister se brand in die departement se gebou in Germiston, Gauteng, gestig het. Betogers het die brand na bewering met petrolbomme gestig. Dit het groot skade aan die dubbelverdieping-gebou aangerig en belangrike dienste, insluitend die uitreiking van identiteitsdokumente en paspoorte, is ontwrig. Die voorval word gekoppel aan inwoners wat uit hulle woonstelle in Pharoepark verwyder is omdat hulle nie huurgeld betaal het nie. Die polisie-ondersoek duur voort.
Minister van Binnelandse Sake minister lê strafregtelike klagte na brand in Germiston