# Die Departement van Indiensneming en Arbeid het bewerings verwerp dat hy versuim het om betalings vir Onderwysassistente en Algemene Onderwysassistente ingevolge die Basiese Onderwyswerkinisiatief Fase Vyf te verwerk. Die departement dra meer as vier-miljard-rand in befondsing by tot die Presidensiële Jeugwerkinisiatief, wat dié program ondersteun. Minister Nomakhosazana Meth sê betalings vir September kon nie verwerk word nie omdat die Departement van Basiese Onderwys nie al die vereiste dokumente betyds ingedien het nie. Sy voeg by dat die vrystelling van die fondse sonder behoorlike proses goeie bestuur sal ondermyn.
Minister van Arbeid sê bewerings oor vertraging met Onderwysassistente se betalings is misleidend