# Die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Sisisi Tolashe, sê toenemende gevalle van kinders wat seksueel misbruik word en tienerswangerskappe bly ʼn nasionale verleentheid. Volgens die Nasionale Kinderbeskermingsregister is agt-duisend-984 gevalle van kindermishandeling en drie-duisend-258 gevalle van seksuele misbruik in die derde kwartaal van die 2025/2026-boekjaar aangemeld. Meer as 100-duisend kinders en tieners raak jaarliks swanger. Die departement se woordvoerder, Sandy Godlwana, sê ʼn dringende en gekoördineerde nasionale poging is nodig om kinders teen mishandeling, verwaarlosing en uitbuiting te beskerm:
Minister Tolashe sê seksuele misbruik van kinders en tienerswangerskappe bly ’n nasionale verleentheid [KLANK]
ENG GodlwanaONProtectChildren