Skip to content

Minister Tau onttrek omstrede konsepwysigings aan die Nasionale Kredietwet

# Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, het die omstrede konsepwysigings aan die Nasionale Kredietwet van 2005 teruggetrek. Een van die voorgestelde wysigings het betrekking op hoe ‘n kredietburo kredietinligting van opvoedkundige instellings kan bekom. Die departement sê die minister se besluit is beïnvloed deur die meer as 20-duisend voorleggings wat die voorgestelde regulasies teenstaan. Hy sê die minister is daartoe verbind om die veranderinge wat nodig is om studente te beskerm, te oorweeg.