Skip to content

Minister Tau onthul SA het nie wêreldhandel-amptenare om beleggings te fasiliteer nie

# Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, het onthul dat Suid-Afrika sedert Desember 2023 nie handelsamptenare het om regstreekse buitelandse beleggings in die land te bemiddel nie. Die departement bestuur 45 handelskantore, waarvan die meeste in Suid-Afrikaanse sendings in die buiteland gehuisves word. Dit sluit lande soos Amerika, China, Frankryk en Asiatiese lande in. Tau het op ‘n vraag in die Parlement geantwoord sy departement is besig met ‘n hersiening van die benadering tot handelsamptenare en die voetspoor van die markte waarheen hulle ontplooi sal word.