# Die minister van Menslike Nedersettings, Thembi Simelane, sê die land benodig bekwame staatsamptenare wat die staatsdiens beskou as ‘n roeping en nie slegs ‘n loopbaan nie. Sy sê die land se ontwikkelingsagenda is afhanklik van bekwame instellings, etiese leierskap en ‘n nuwe geslag beroepslui wat daartoe verbind is om in openbare belang te dien. Simelane sê elke skool-, kliniek-, straat- en behuisingsprojek wat gelewer word, weerspieël die werk van staatsamptenare wat verantwoordelik is om regeringsbeleide in werklikhede te omskep. Sy waarsku bevoegdheid sonder integriteit hou ‘n beduidende gevaar vir openbare instellings in.
Minister Simelane sê Suid-Afrika benodig ‘n nuwe generasie etiese staatsamptenare